Driejarige dogtertjie sonder klere aangetref
MASHISHING – ‘n Driejarige dogtertjie is Maandag omstreeks 18:00 sonder enige klere in Mashishing aangetref nadat sy deur ‘n 32-jarige man verkrag is. Volgens Kapt Mashabela het polisie op die man, wat sonder ‘n broek was, afgekom terwyl gemeenskapslede op hom toegesak het. Die polisie het die vermeende verkragter na veiligheid geneem waarna hy gearresteer …
MASHISHING – ‘n Driejarige dogtertjie is Maandag omstreeks 18:00 sonder enige klere in Mashishing aangetref nadat sy deur ‘n 32-jarige man verkrag is.
Volgens Kapt Mashabela het polisie op die man, wat sonder ‘n broek was, afgekom terwyl gemeenskapslede op hom toegesak het. Die polisie het die vermeende verkragter na veiligheid geneem waarna hy gearresteer en na die hospitaaal geneem is.
Volgens Mashabela is die dogterjie ontlaan en sterk tans by die huis aan, terwyl die verdagte steeds vir verskeie beserings in die hospitaal behandel word. Die saak is tot 9 Januarie 2014 uitgestel.
Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om nie die reg in eie hande te neem nie en dadelik die polisie te kontak. Indien enige persoon meer inligting in verband met die voorval het, kan konst. Maile by 071-872-6562 gekontak word..
