NewsNewsOpinion

Wees teen alle tye sigbaar op ons paaie

Skakel voertuigligte gedurende swak lig omstandighede

P. Aggenbach skryf:
Dit is kommerwekkend hoeveel mense in ons omgewing sonder hoofligte ry, selfs wanneer die lig swak is. Mense vergeet dat die wet vereis dat hoofligte vanaf sononder tot sonop aangeskakel moet wees, asook enige tyd van die dag wanneer lig swak is vir enige rede.

Meeste padgebruikers reken dat hulle nog goed kan sien, en vergeet dat ander hulle moet kan sien. Ek haat dit as mense net met hul parkeerliggies aan ry. Die Padverkeerswet sê duidelik dat parkeerlampe slegs aangeskakel mag word wanneer die voertuig op ‘n openbare pad geparkeer is waar geen gemerkte parkering of straatlamp naby is nie. Huidiglik is die boete daarvoor R300 volgens wat ek by verkeersbeamptes kon uitvind, maar van hulle het my ook meegedeel: “We do not act on such minor trangressions.”

Hoeveel lewensverlies moet daar wees voordat die Verkeersdepartement daadwerklik gaan optree? Kan Mbombela en provinsiale verkeer asseblief hierop kommentaar lewer en ons verseker dat hulle aandag sal gee aan hierdie probleem.

Die media moet ook ’n groot veldtog begin om mense bewus te maak van die belangrikheid daarvan om jou sigbaar te maak op die land se paaie.

Redakteur:
Ons het die saak met die verkeersdepartement opgevat en sal volgende jaar terugvoering gee. Hazyview Herald het alreeds ‘n opvoedkundige artiekel hieroor gepubliseer op 19 November getitel – “Safety Tips headlights”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button