EntertainmentLifestyleLocal newsNews

So ‘n mond moet maroela-jêm kry!

Neem deel aan die Maroela Makiti-slagspreukkompetisie en staan 'n kans om een van vier dubbele VIP-kaartjies te wen.

Is jy ‘n kreatiewe siel? Vinnig met die tong? Die skerpste potlood in die boksie? Skryf dan in vir dié kompetisie!

Kom mix ‘n vrugteslaai!

Die Maroela Makiti-span gee vier dubbele kaartjies weg na die Maroela Makiti op 31 Januarie en 1 Februarie 2014.

Al wat jy moet doen is jou dinkskoene aantrek en met ‘n gepaste en prettige slagspreuk vir die Maroela Makiti opkom, wat moontlik in toekomstige bemarking vir die makiti gebruik mag word.

Kom doen die maroela-hula!

Stuur dan jou slagspreuk aan ons deur middel van die kommentaar-funskie hieronder voor 20 Januarie 2014 om 12:00. Sluit ook jou naam, van, e-pos adres of telefoonnommer in!

Vir al die inligting rondom die Maroela Makiti, kliek hier.

04

 Kom dans en swaai ‘n maroela-draai!

Reëls en regulasies vir die Maroela Makiti-gelukkige trekking

• Vier dubbele VIP-kaartjies na die Maroela Makiti op 31 Januarie 2014 (14:00 – 22:00) en 1 Februarie 2014 (08:00 – 22:00) by Hoërskool Bergvlam is te wen. Slegs een dubbel kaartjie per persoon kan gewen word.

• Om ‘n kans te staan om te wen, stuur ons jou slagspreuk deur middel van die kommentaarfunksie onder dié storie.

• Jy mag soveel keer inskryf soos jy wil.

• Die kompetisie se sluitingsdatum is Maandag 20 Januarie 2014 om 12:00.

• Wenners sal deur middel van ‘n telefoonoproep of e-pos gekontak word deur die organiseerders van die Maroela Makiti.

• Wenners is self verantwoordelik vir vervoer en verbly na en tydens die Maroela Makiti.

• Geen werknemer van Laeveld Media mag of enige familielid van die Maroela Makiti-organiseerders mag inskryf nie.

• Die Maroela Makiti-organiseerders sal die beste en/of mees gepaste slagspreuk kies en die resultaat is finaal.

• Die slagspreuk mag in toemomstige bemarking vir die Maroela Makiti gebruik word.

 

AD sTRIP

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button