CrimeHard newsNewsNews

Vrou twee keer geskiet voor huis

'n Vrou is twee keer geskiet nadat sy ingewag is deur twee boosdoeners.

Op 20 Desember is ‘n vrou twee keer geskiet kort nadat sy by haar huis in Impalastraat aangekom het, maar is gelukkig nie ernstig beseer nie.

Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, is sy omstreeks 23:30 deur drie boosdoeners oorval. Sy het pas by die huis aangekom en was op pad om in te gaan.

Sy het die boosdoeners met pepersproei probeer afskrik. Een van die aanvallers het op haar begin skiet en sy is een keer in die bors en een keer in die skouer getref.

Bure wat die skote gehoor het, het dadelik Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit ontbied. Die verdagtes het in ‘n wit Fiat gevlug en is sowat twee uur later aangekeer. Die voertuig was gesteel en daar is ook ‘n 45-kaliber pistol en ammunisie ontdek.

Die vrou is na Mediclinic Nelspruit geneem waar sy behandel is. Die verdagtes het op 23 Desember in die plaaslike landdroshof verskyn, teen druktyd was die uitslag nog onbekend.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button