Local newsLocal sportNewsSport

Gemeenskap vier nuwe jaar met lekker boeresport.

“Ons wil graag hê dat die sport moet voortleef en op ‘n dag soos hierdie word kinders veral die geleentheid gebied om aan tradisionele speletjies deel te neem en dit te leer,”

LYDENBURG – Alhoewel boeresport vir talle inwoners bloot ‘n vae herinnering is wat uit hul kinderdae dateer, het ‘n groep Lydenburgers hierdie ryk tradisie laat voorleef en die nuwe jaar op ‘n vrolike wyse begroet.

Volgens Anton Steenkamp is dit die sewende jaar wat hierdie unieke nuwejaarsviering in Lydenburg plaasvind en vertel dat inwoners nog vir ‘n hele paar jaar vorentoe dit steeds kan verwag.

“Ons wil graag hê dat die sport moet voortleef en op ‘n dag soos hierdie word kinders veral die geleentheid gebied om aan tradisionele speletjies deel te neem en dit te leer,” sê Steenkamp.

Ruiters sover as Belfast het die dag meegemaak en Lydenburgers die stryd nie net op die perde aangesê nie, maar ook in verskeie ander aktiwiteite wat onder andere toutrek insluit.

Steenkamp nooi almal hartlik uit om volgende jaar aan die boeresport te kom deelneem. Hy bedank graag die volgende borge wat Alzu voere, Afgri, McGee Lydenburg, Jaap Combrink (Horison Apteek), Buco, Hannas Hardware, LDR Hardware en Tyre Boys insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button