
Vrydag om 16:45 het die eienares van 'n gastehuis in Belladonastraat Hi-Tech Sekuriteit ingelig dat een van haar gaste pas die slagoffer van 'n gewapende roof was.
Bossies Community Justice en Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit offisiere het hulle na die toneel gehaas in die hoop om die boosdoeners te betrap.
Met hulle aankoms het hulle gevind dat die slagoffer, in haar laat 30s, R3 000 kontant, haar selfoon en haar handsak kwyt is nadat twee rowers haar voor die gastehuis waar sy oorgebly het oorval het. Die verdagtes het in 'n maroen Volkwagen Polo met vervalste nommerplate gevlug. In die proses is die eienares van die betrokke gastehuis byna omgery.
Daar is tot laatnag na die boewe gesoek maar hulle is steeds op vrye voet.
