CrimeHard newsNewsNews

Twee vas vir huisbraak

Twee verdagtes is verlede week vir huisbraak gearresteer.

Twee verdagtes is verlede week vir huisbraak gearresteer. Die voorval het glo Woensdagaand by ‘n kompleks in Riverside plaasgevind, toe die hekwag onraad vermoed het nadat ‘n voertuig met drie insittendes toegang tot die perseel, verkry het. Dit is onduidelik hoe hulle toegang verkry het, aangesien dit nie geforseerd was nie.

Die volgende dag het ‘n inwoner haar televisiestel as gesteel by die polisie aangemeld en ‘n saak van huisbraak is geopen. Mnr. Collin Botha (39) en

mnr.Martin Marais (22) is op 14 Januarie in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle het die volgende dag in die hof verskyn en is elk op borgtog van R1 000 vrygelaat het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button