MALALANE – ‘n Vermeende inbreker het Woensdagaand glo sy makker tydens ‘n beoogde inbraak geskiet.
Mnr. Eddie Stieger, wat in Neos Estates buite Malalane woon, was ten tyde van die voorval saam met sy vrou en twee kinders by die huis. Twee verdagtes het vermoedelik die huis deur ‘n klein kombuis-venstertjie betree.
Stieger het vertel dat dit die alarm laat afgaan het, wat hom wakker gemaak het.
“Ek het by die kamerdeur uitgekyk, toe sien ek die een man. Ek het geskree, ‘Hey’ en toe gaan twee skote af,” het hy gesê. “Die een in die sitkamer het seker geskrik toe ek skree, en toe die ander een van die kombuis af verby hardloop, toe skiet hy hom.”
Albei het op die vlug geslaan. Lees die volledige berig hier.

