Nuwe skoolhoof vir Laerskool Malelane
Op 10 April, is mnr. Gerben Janse van Rensburg amptelik by Laerskool Malelane tydens ‘n kaas-en-wyn-funksie wat met die kunswerke van die leerlinge ingekleur is, verwelkom.
Op 10 April, is mnr. Gerben Janse van Rensburg amptelik by Laerskool Malelane tydens ‘n kaas-en-wyn-funksie wat met die kunswerke van die leerlinge ingekleur is, verwelkom.
Tydens die geleentheid het mnr. Mfana Shekwa ‘n toekenning aan die skool oorhandig as die beste Gr 6 Annual National Assessment-presteerder in Ehlanzeni. Dis voorwaar ‘n besondere prestasie.
In sy toespraak het Janse van Rensburg gesê dat hy werklik daarna uitsien om deel te wees van die Lanie-span. Hy het ook genoem dat ‘n gemeenskap die skool kry wat hul verdien; hoe meer betrokke en positief die ouers is, hoe beter sal dit ontwikkel en presteer. Reeds daarom sien hy uit na ouerbetrokkenheid en ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die skool.
Kinders lê hom na aan die hart en het vir Fiela Komoetie uit Fiela se Kind aangehaal, “God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ‘n kind aandoen nie”.
Janse van Rensburg het gesê dat dit ‘n groot voorreg is om die gemeenskap te dien en met God as rigtingwyser, kan dit net goed gaan!
