CrimeHard newsNewsNews

Bestuurder verlaat toneel na motorongeluk

'n Kia Picanto was in Steiltes se rigting onderweg en 'n BMW in die teenoorgestelde rigting na Westend. Die twee voertuie het gebots en die Kia het op sy kant geland

NELSPRUIT – ‘n Bestuurder van ‘n voertuig wat gisteraand in ‘n ongeluk in Enos Mabuza-rylaan was, was nêrens op die toneel te vinde nie. Die bestuurder van die ander voertuig waarteen syne gebots het, is met ernstige kopbeserings hospitaal toe gevat.

Die ongeluk het gisteraand ongeveer 23:20 gebeur. ‘n Kia Picanto was in Steiltes se rigting onderweg en ‘n BMW in die teenoorgestelde rigting na Westend. Die twee voertuie het gebots en die Kia het op sy kant geland.

Paramedici, die brandweer en insleepoperateurs is na die toneel ontbied. Die bestuurder van die Kia is met ernstige kopbeserings deur Netcare 911 na Rob Ferreira Hospitaal vervoer. Nog ‘n insittende van dié voertuig is nie ernstig beseer nie.

Die bestuurder van die BMW het egter die toneel verlaat. Ooggetuies het op die toneel vertel dat hy weggehardloop het. Daar was geen ander insittendes in dié voertuig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button