Local news

Long Tom-kanon bulder ter ere van Erfenisdag

Die Long Tom-kanon naby Mashishing is op Erfenisdag as deel van ’n landswye seremonie afgevuur.

Ter ere van Erfenisdag, 24 September, is die Long Tom-kanon naby Mashishing om 13:25 afgevuur.

Die Kanonvereniging van Suid-Afrika het in samewerking met ander kanonverenigings, waaronder die ZAR-Kannoniers, 32 voorlaaikanonne binne twee ure op verskeie plekke regoor Suid-Afrika afgevuur. Dit is gevolg deur die Nederlandse Oproepkanon-Seinstelsel.

Johan Greyling en Brand Bienendell het Long Tom afgevuur en sodoende vir ‘n paar toeriste ‘n besondere ervaring gebied.

Die Long Tom-kanon is ‘n replika van die Creusot-beleëringskanon en merk die plek waar twee van dié kanonne in September 1900 vir die laaste keer deur die Boerekommando’s teen die Britse weermag gebruik is.

Brand Bienendell, Tanya Joubert, Mervyn de Klerk en Johan Greyling.

LEES OOK: 16 Toekennings vir Laeveld Country musikante

Die kanonne, wat aan hul lang kanonlope bekend was, het van die Britse weermag die bynaam “Long Toms” gekry.

Die monument is in 1984 deur die Long Tom-Rapportryers van Sabie in samewerking met die FAK en Mondi Timber opgerig.

Mila en Helet van den Berg, en Brand Bienendell. > Foto’s: Bongekile Khumalo
Mogau en Tshidi Nhlabati, Johan Greyling en Mary Nhlabati.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button