Nuwe projek waarsku motoriste teen slaggate
‘n Projek om motoriste teen gevaarlike slaggate te waarsku, is onlangs deur AfriForum in Mpumalanga geloods. Volgens dié organisasie se provinsiale koördineerder, mnr. Ruan Lottering, sinspeel waarskuwingsbordjies op paaie in Lydenburg, Ermelo, Secunda, Standerton, eMalahleni, Belfast en Machadodorp op munisipaliteite se onvermoë om paaie in stand te hou.

LYDENBURG – ‘n Projek om motoriste teen gevaarlike slaggate te waarsku, is onlangs deur AfriForum in Mpumalanga geloods. Volgens dié organisasie se provinsiale koördineerder, mnr. Ruan Lottering, sinspeel waarskuwingsbordjies op paaie in Lydenburg, Ermelo, Secunda, Standerton, eMalahleni, Belfast en Machadodorp op munisipaliteite se onvermoë om paaie in stand te hou.
Die projek moedig hulle aan om die probleem aan te spreek, sê Lottering.
“Ek het al baie voertuie gesien wat beskadig is, en ek het al skade aan my voertuig berokken as gevolg van slaggate in die provinsie. Dit is veral erg wanneer dit gereën het en die gate nie sigbaar is nie,” sê Lottering.
Volgens hom is dit die munisipaliteite se plig om die paaie in die dorpe in stand te hou, maar dit wil voorkom asof die begroting vir padinstandhouding eerste gesny word, terwyl begrotings vir salarisse al hoe groter word. Volgens Lottering beoog AfriForum om nog borde in ander dorpe op te rig.
Om betrokke te raak by die projek kan die plaaslike AfriForum-tak geskakel word. SMS jou dorp se naam na 45350 om aan te sluit. (50c/SMS)
