Hard newsNewsNewsUpdate

Huldeblyke stroom in na pastoor se afsterwe

Dankie pastoor André dat jy daar was vir my toe niemand verstaan het nie. Jy was voorwaar 'n pragtige kind van die Here en 'n man van God - die hele gemeenskap is in diepe rou gedompel

TJ Maré
Pastoor André was ‘n ware leier vir sy gemeente én ‘n steunpilaar. Die wat hom geken het hom as ‘n “spiritual” pa gesien.
Ek kan hom nie as ‘n groot gemeenskapsmens noem nie, maar vir sy gemeenskap was hy ‘n regte pa. Die Christelike gemeenskap gaan hom vreeslik mis en hy het só groot rol in mense se lewens vervul.

Kelvin Fincham
The only time goodbye is painful is when you know you will never say hello again. It is with heavy hearts that we have to say a final goodbye to a great man. A great leader, friend and example to many. The impression and influence that this great man has left on our lives and community will be remembered and build on forever. You are not remembered for the way you die but rather by the way you lived.

The way you lived André, has over many years brought people to the knowledge of God’s love and grace.
Your life and example has over many years expanded and enriched God’s Kingdom. Your life brought the better out in the people around you. You will be missed and loved by many. Rest in peace.

Ronel Roos Oelofse
Als voel nog so onwerklik. Pastoor André, ons gaan jou so baie mis. AGS Nelspruit gaan nooit weer dieselfde wees sonder jou as leier nie. Jy was vir ons ‘n inspirasie en jou en Sarie se liefde vir mekaar ‘n voorbeeld van hoe dit (moet) wees.

Jou sagte opregte menswees is wat jou so geliefd onder die mense gemaak het. Elke keer wanneer ons jou gesien het en ons gesels het, het jou oë saam met jou mond geglimlag.

Jy was opreg en voorwaar (‘n) man van God. Ons is baie lief vir jou en gaan jou geweldig mis. Rus sag by ons Pappa. Tot ons weer ontmoet. Liefde Leon en Ronel Oelofse.

Carine Classen
Agtien maande terug, toe ek op die punt van ‘n afgrond gestaan het, voor ‘n diep donker gat en ‘n einde aan als wou maak, was dit pastoor André wat my in warmte, liefde en verstaan met ope arms in sy kantoor ontvang het en sonder oordeel, intens geluister het met groot empatie en begrip… met sy Godgegewe gawe van groot wysheid het hy my bemoedig, versterk en weer perspektief en hoop gegee en gebid vir my!

Dankie pastoor André dat jy daar was vir my toe niemand verstaan het nie. Jy was voorwaar ‘n pragtige kind van die Here en ‘n man van God – die hele gemeenskap is in diepe rou gedompel. Mag jy in die arms van Jesus in die vrede rus wat jy verdien. Sarie, Leanie en die res van die familie, ons bid vir julle en weet dat ons Hemelse Vader julle baie styf vashou. Sterkte.

Annelize Obermeyer
Nog steeds so onwerklik, so bitter seer…
Maar ons sal opstaan en hande vat en mekaar se arms oplig as ons voel ons kan nie meer aangaan nie. God sal hierdie tragedie omskep in ‘n wonderlike getuienis tot Sy eer!

God sal die stukkies van ons harte optel en ons sieraad gee vir as. “He will turn our mourning into dancing!”

Solange Soares-Nicholson
Heartbroken… RIP Pastor André. Stephen and I are just grateful to have had you bless our marriage and pass on your wisdom and realistic approach to marriage which we apply to our union daily. The only pastor who “kept it real” and spoke “our language”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button