Hard newsLocal newsNews

Hondevergiftiging kom al hoe meer in dorp voor

'n Voorval van hondevergiftiging in die dorp is op Sondag 4 Mei by Securicon Lowveld gerapporteer. Dit het Saterdagaand in Liebenbergstraat plaasgevind.

KOMATIPOORT – ‘n Voorval van hondevergiftiging in die dorp is op Sondag 4 Mei by Securicon Lowveld gerapporteer. Dit het Saterdagaand in Liebenbergstraat plaasgevind.

Honde is ook onlangs in Koedoe-, Zebra-, Olifant-, Buffel- Gilfillan-, en Bosbokstraat vergiftig. Liebenbergstraat is al voorheen geteiken.

Securicon is om 5:30 van ‘n voorval in Gemsbokstraat in kennis gestel. Altesaam het vier honde in dié voorval gevrek. Twee inwoners het rapporteer dat hul diere nog om 1:30 gelewe het. Daar word vermoed dat die honde tussen 1:45 en 5:00 vergiftig is.

Kliënte van Securicon wat ook in die straat woon, het bevestig dat hul honde gedurende dieselfde tyd geblaf het. Die maatskappy het inwoners gemaan om op hul hoede te wees en enige verdagtes aan Securicon te rapporteer sodat patrollievoertuie ondersoek kan instel.

Die persone wie se diere vergiftig word, is nie noodwendig die teiken nie. In die geval is honde dalk vergiftig deur die misdadigers, met die motief om hul te verwyder uit hul ontsnappingsroete of om die straat stil te maak sodat hulle ongemerk kan voortgaan om inbrake en diefstal te pleeg.

In die verlede het vergiftiging gewoonlik dae voordat ‘n diefstal gepleeg is, plaasgevind. Noodnommers: Komati SAPS by 013-793-7321, Securicon by 086-111-1728 of Munisipaliteit-hulplyn by 013-790-0990.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button