Hard newsNewsNews

Ondersoek na waarskuwingskote in die wildtuin

Veldwagters mag olifante verwilder as hulle die pad versper, mits dit veilig is. As 'n vuurwapen gebruik is, moet hy 'n verslag daaroor aan die streeksveldwagter gee

SKUKUZA – SANParke is besig met ‘n interne ondersoek nadat ‘n werknemer na bewering Dinsdag skote gevuur het om ‘n olifant uit die pad te kry.

Beeld het berig dat me. Annette Naudé van Pretoria en ‘n vriendin Dinsdag om 11:30 naby Krokodilbrug in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gery en op ‘n olifant in die pad afgekom het.

Naudé het stilgehou en haar motor afgeskakel. Sy het later ‘n SANParke-voertuig agter haar hoor luier.

Sy beweer dat ‘n man in uniform uitgeklim en sy hande geklap het om die dier te verwilder. Toe dit nie werk nie het hy glo skote in die lug geskiet. Die olifant het na bewering op Naudé se kar afgestorm, maar later die bosse ingehardloop.

Mnr. Isaac Phaahla, ‘n SANParke-woordvoerder, het by navraag gesê dat ‘n streeksveldwagter besig is om die voorval te ondersoek. “Veldwagters mag olifante verwilder as hulle die pad versper, mits dit veilig is. As ‘n vuurwapen gebruik is, moet hy ‘n verslag daaroor aan die streeksveldwagter gee.”

In ‘n ander voorval berig Beeld dat nog ‘n besoeker aan die NKW, mnr. Cornelius Claasen, gekla het omdat ‘n man in ‘n diplomatieke voertuig nie ‘n boete opgelê is toe hy by die venster uitgehang het nie.

Op ‘n foto wat hy aan die koerant verskaf het, kan daar gesien word hoe iemand halflyf by die venster uithang.

Claasen het die saak by mnr. Johan Nel, hoofverkeersbeampte in die NKW, aangegee. Dié het na bewering aan hom gesê dat dit diplomate vervoer is en die man dus diplomatieke immuniteit het. Phaahla het bevestig dat hulle deur internasionale wetgewing verplig word om diplomate van oortredings kwyt te skeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button