Hard newsNewsNews

Vlaag motorfiets-diefstalle in stad

Nog gesteelde bromponies en motorfietse is dié week in die vlei gevind.

NELSPRUIT – Enjin-aangedrewe fietse is weer die teiken van diewe in die stad. Sekuriteitswerkers het hierdie week die eienaars van motorfietse en bromponies gewaarsku om hul rygoed snags veilig te bêre.

‘n Bigboy motorfiets en bromponie is vroeër die week in die vlei naby The Village SPAR teruggevind. Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice (BCJ) word spesifiek die handelsnaam deur diewe geteiken.

Toe die eienaar van die fietse Meiring kontak om die diefstal aan te meld, is die fietse aan hom terug besorg. Die diewe het na vermoede met die motorfiets geval, wat die ratkas opgeduiwel het en hulle het die fiets toe by die AGS-kerk daar naby gelos.

Mr Nico Grobler van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit wat ook op die toneel was het gesê dit was na vermoede deur die nag uit ‘n kompleks in Granietstraat gesteel.

Nelspruit Post het vroeër die maand berig oor twee bromponies wat uit ‘n erf in Britzstraat gesteel is. Die fietse is nog die teruggevind nie.

“Dit lyk asof die diewe die fietse in die vlei wegsteek en hoop om dit vroeg die volgende oggend of laat die aand met ‘n bakkie te kom wegry,” het Meiring verduidelik.

“Mense moet hul fietse toesluit in ‘n buitekamer of motorhuis en dit nie net laat los staan nie. Die diewe is so arrogant hulle steel motorfietse voor ‘n kar uit.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button