OHRIGSTAD – ‘n Man van die omgewing staar ‘n klag van strafbare manslag in die gesig nadat hy op Sondag 25 Mei sy dogtertjie in ‘n fratsongeluk doodgery het.
Mnr Kobus Skeen het volgens inligting oor sy eenjarige dogtertjie, Anzel gery. Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder het aan Steelburger/Lydenburg Nuus gesê, “Die mense het volgens ons inligting dadelik die ambulans gekontak. Anzel is na ‘n hospital in Lydenburg gehaas waar met haar aankoms dood verklaar.”
Die ongeluk het op Lekkerhoek-plaas in die omgewing plaasgevind. Volgens ‘n bron het Skeen en sy familie by die huis gestop en die motor begin aflaai. Hy het daarna terug in die motor geklim maar nie besef dat Anzel nie meer in die motor was nie. Hy het agteruitgery en in die proses oor haar gery.
Skeen het die voertuig tot ‘n stilstand gebrink en onmiddelik nooddienste geskakel.Anzel was maar een jaar en sewe maande oud en die mense in die omgewing se harte gaan uit na Skeen sy vrou, Anne en hulle ander twee kinders.
‘n Lykskouing is gedoen en die begrafnis sal binnekort gehou word.
Anzel se ma, Anne was bereid om ‘n onderhoud aan die koerant toe te staan maar dit kon ongelukkig nie voor druktyd Donderdag plaasgevind het nie.
