Hard newsNewsNews

Verwaarloosde hondjie laat sosiale media gons

Die koerant het ondersoek ingestel na verskeie lede van die publiek heftig gereageer het oor die toestand van die hond.

LYDENBURG – ‘n Maer en uitgeteerde jong Boerboel-hondjie het onlangs opslae gemaak toe foto’s van die dier se toestand op Facebook geplaas is.

Die koerant het ondersoek ingestel na verskeie lede van die publiek heftig gereageer het oor die toestand van die hond.

Die eienaar van die betrokke troeteldierwinkel waar dié hond glo aangehou word, wou nie kommentaar oor die foon lewer oor die hond nie. Hy het wel ingestem tot ‘n onderhoud more (Donderdagoggend) om sy weergawe van die gebeure te gee.

Volgens ingeligte bronne is die hond een van ‘n werpsel van vyf wat al vir die afgelope drie weke by die winkel is.

Steelburger/Lydenburg Nuus sal die volledige berig plaas sodra die ondersoek afgehandel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button