MBOMBELA – Hulle sê die mens is nie gemaak om alleen te loop nie. Hennie Potgieter het 14 jaar gelede vir Jacques Meiring ontmoet, en dié twee is van toe af boesemvriende. Potgieter het onlangs by Bossies Community Justice (BCJ) as Meiring se vennoot begin.
“Ons werk baie goed saam,” het Meiring vertel. Potgieter het vir baie jare in die sekuriteitsbedryf in die Laeveld gewerk en baie ondervinding in sy veld opgedoen. Hulle deel dieselfde passie – saam wil hulle ‘n verskil in die gemeenskap maak en altyd daar wees om te help.
BCJ het intussen nog ‘n voertuig aangeskaf en tussen die twee probeer hulle soveel as moontlik doen om misdaad te beveg. Volgens Potgieter probeer hulle een keer ‘n maand veiligheidswenke op hulle webblad plaas. “Die feit dat ons so betrokke by sosiale media is, maak ook ‘n groot verskil. Ons wil die gemeenskap dadelik inlig as enigiets gebeur,” het hy gesê.
BCJ is ‘n Artikel 21 nie-winsgewende organisasie, wat op donansies van die gemeenskap staatmaak.
Besoek gerus hulle Facebook-blad en www.bossiescommunityjustice.co.za om ‘n nuusbrief te ontvang.
