CrimeNewsNews

Vermeende grypdief loop hom teen Bossies vas

Die man het blykbaar items soos selfone, handsakke en beursies uit voertuie in die verkeer probeer buit.

‘n Vermeende geleentheidsmisdadiger is Vrydagmiddag vasgetrap nadat hy met ‘n gryptruuk ‘n vrou probeer beroof het.

Die jongman is aangekeer en na die polisiestasie afgevoer, maar daar is nie klagtes teen hom gelê nie.

Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele hoof van Bossies Community Justice (BCJ) het die verdagte by die verkeersligte by die Crossing-winkelsentrum gestaan.

“Hy het vir voertuie gewag om in die verkeer tot stilstand te kom. Hy het in die verbyloop in die voertuie gekyk, en wanneer hy iets sien wat hy wou hê, het hy in die voertuig ingeduik en dit gegryp.”

Sy een vermeende slagoffer kon egter van die toneel af vlug. BCJ is van die voorval in kennis gestel en het die man by die verkeerslig opgespoor.

Volgens Meiring het hy weggehardloop toe hy die bakkie gesien het en moes hulle hom agternasit.

Items soos selfone, handsakke en beursies word so geteiken. Meiring het motoriste gewaarsku om hul vensters toe te hou, deure te sluit, en ‘n oog oop te hou vir verdagte drentelaars.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button