CrimeHard newsNewsNewsUpdate

Dudley Hatton-Jones ongeluk: bestuurder voorlopig nie gearresteer

Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die dossier na die hof gestuur word vir 'n beslissing. Eers dan sal daar besluit word of iemand aangekla gaan word en van wat

MBOMBELA – Die bestuurder van die Ford Ranger waarmee mnr. Dudley Hatton-Jones se Volkswagen Polo Vrydagaand in Enos Mabuza-rylaan gebots het, gaan voorlopig nié gearresteer word nie.

Hatton-Jones was ‘n verkoopskonsultant vir Crown National en was op pad huis toe van Inibos toe die ongeluk gebeur het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die Ford het gekla van nekpyn, maar wou nie dat paramedici hom hospitaal toe vat nie. Hy het kort hierna die toneel verlaat.

Kapt. Dawie Pretorius, Nelspruitse polisiewoordvoerder, het Maandag by navraag gesê dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word, asook die verlaat van ‘n ongelukstoneel en die versuim om ‘n ongelukstoneel binne 24 uur aan te meld.
Gister het hy gesê dat ‘n lykskouing Dinsdag op Hatton-Jones uitgevoer is.

“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die dossier na die hof gestuur word vir ‘n beslissing. Eers dan sal daar besluit word of iemand aangekla gaan word en van wat.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button