‘n Vermeende dwelmhandelaar is gistermiddag in die middestad deur Bossie’s Community Justice (BCJ), Phoenix blitspatrollie en die polisie vasgetrek.
Volgens mnr. Jacques Meiring van BCJ, het informante hulle van die handelaar, wat na bewering self ‘n verslaafde is, vertel.
Hulle het hom dopgehou en is ingelig toe hy na bewering weer dwelms aan iemand verkoop het. “Ons het die verdagte in die straat sien loop en hom genader. Hy het ons gesien en dadelik probeer vlug,” het Meiring vertel.
Hulle het hom agterna gesit en uiteindelik in Marlothstraat vasgetrek. Die verdagte het, terwyl hy weggehardloop het, vyf gram CAT neergegooi. Hy is gearresteer en is tans in polisie-aanhouding. Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
