Kruger-moordsaak duur voort
Me. Martie Kruger (47) het die afgelope Woensdag weer op aanklag van die moord op haar man, die bekende sakeman, mnr. Hennie Kruger (50), verskyn.
MALALANE – Me. Martie Kruger (47) het die afgelope Woensdag weer op aanklag van die moord op haar man, die bekende sakeman, mnr. Hennie Kruger (50), verskyn.
Sy is op Maandag 12 Mei by hul huis in Maroelastraat vir die skietdood van haar man gearresteer, volgens polisiewoordvoerder brig. Selvy Mohlala.
“Martie het die insident as’n gru-ongeluk beskryf.” Hy het verder aan Corridor Gazette se susterkoerant, Laevelder gesê, “‘’n Voorafgaande ondersoek het aangedui dat sy haar eie lewe wou neem, en dat daar ‘n argument tussen die twee plaasgevind het.”
Volgens Martie het die wapen per ongeluk afgegaan. Die saak is na 20 Augustus uitgestel. Mohlala het bygevoeg dat die saak onveranderd bly.
