CrimeHard newsNewsNews

Polisie skiet tienerseun; maat verdrink

Polisielede het aan die bestuurder beduie om stil te hou, maar hy het geweier en op die N4 in die rigting van Machadodorp weggejaag

MACHADODORP – Die Onafhanklike Klagtedirektoraat ondersoek ‘n saak nadat ‘n tienerseun hierdie naweek deur die polisie geskiet is toe hy na bewering sonder sy pa se medewete met sy voertuig gery het.

Een van die kind se maats het verdrink toe die groep tieners vir die polisie probeer vlug het.

Kol. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het vertel dat vier seuns en ‘n meisie, almal tussen 14 en 16 jaar oud, laat Saterdagaand met die voertuig in Belfast opgemerk is.

Polisielede het aan die bestuurder beduie om stil te hou, maar hy het geweier en op die N4 in die rigting van Machadodorp weggejaag. By die tweede afdraai na die dorp – die weegbrug – het hy regs gedraai maar beheer oor die voertuig verloor. Dit het die bosse in gerol.

Die tieners het uitgespring en na ‘n nabygeleë rivier gehardloop en in die water gaan skuil. Een van hulle kon nie swem nie en het verdrink. Polisielede het die ander vier gered. Die tiener wat die voertuig bestuur het, is in die jaagtog deur die polisie in die voet geskiet. Hy is aanvanklik in ‘n hospitaal behandel, maar reeds ontslaan.

Hlathi het bevestig dat die direktoraat nou die saak ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button