CrimeNewsNews

Dwelmhandelaar uit op borg

Die verdagte het, terwyl hy gehardloop het, vyf gram CAT neergegooi.

Die vermeende dwelmhandelaar wat vroeër die maand deur Bossies Community Justice (BCJ) en die Phoenix-blitspatrollie vasgetrek is, het verlede week in die hof verskyn. Mnr. Chinaedu Anigbogu van Mosambiek is vir die besit van dwelms aangekla.

Hy is Vrydag op 18 Julie deur BCJ dopgehou en is ingelig toe hy na bewering weer dwelms aan iemand verkoop het. “Ons het die verdagte in die straat sien loop en hom genader. Hy het ons gesien en dadelik probeer vlug,” het Jacques Meiring van BCJ vertel.

Hulle het hom agternagesit en uiteindelik in Marlothstraat vasgetrek. Die verdagte het, terwyl hy gehardloop het, vyf gram CAT neergegooi. Hy is tans uit op borg en die saak sal weer op 29 Augustus voorkom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button