Local newsNewsNewsSchools

Elegansie en swier begroet matrieks

Die leerlinge was in blink uitrustings in al die kleure van die reënboog uitgevat en het skamerig vir die skares by die ingang van Emnotweni Casino geglimlag.

MBOMBELA – Vriende en familie het Saterdagaand Hoërskool Bergvlam se matrieks langs die rooi tapyt met kameras ingewag, gereed om dié spesiale oomblikke vas te vang.

Die leerlinge was in blink uitrustings in al die kleure van die reënboog uitgevat en het skamerig vir die skares by die ingang van Emnotweni Casino geglimlag.

Sommige matrieks is deur vriende toegejuig en het vrolik gewuif, ‘n paartjie het ballonne in die lug losgelaat, terwyl ‘n ander ‘n klein helpertjie gehad het om hulle uit die voertuig te help klim.

Een van die matrieks het ewe stuitig sy fyn metgesel opgetel nadat iemand in die gehoor hom aangepor het.

Alhoewel voertuie vanjaar nie vreeslik uitspattig was nie, was daar darem twee meisies wat in ‘n sprokiesmooi perdekoets opgedaag het, en ‘n paartjie wat ‘n ou VW Kewer as rytuig ingespan het.

Die tema was “Victorian Punk Industrial”, wat beteken het dat die gr. 11’s die matrieks in korsette, onderbaadjies, vere en hoedjies geklee, bedien het.

Hulle het ook as gidse gedien en elke paar meter in die casino se gange waggestaan om seker te maak dat die matrieks by die swierige arena uitkom.

Ouers kon deur die casino tot langs die arena beweeg om vingerhappies en drankies te geniet terwyl hulle kyk hoe hul kinders aankom.

Die matrieks het groot pret gehad en dit geniet om hul vriende so deftig uitgevat te sien.

Heerlike eet- en drinkgoed het ook bygedra om die aand ‘n gepaste afskeid van hul skoolloopbaan te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button