‘n Hele drie nuwe departementshoofde is onlangs by Hoërskool Bergvlam aangestel. Voor hul bevordering was mnre. Rian Cooper en Deon Immelman reeds geruime tyd werksaam by die skool.
Cooper sal voorts departementshoof van toerisme, besigheids-, handels- en bestuurswetenskappe asook sosiale studies en geografie wees. Immelman is die nuwe hoof van die departement vir ingenieurswese en tegnologie asook vaardigheidsvakke.
Mnr. Cornél Dreyer is ook aangestel as die departementshoof van fisiese-, natuur- en lewenswetenskappe asook kuns en kultuur en visuele Kuns. Hy was tot onlangs by Hoërsklool Nelspruit werksaam.
Ander nuwe bloed wat haar onlangs by Bergvlam aangesluit het is me. Melissa du Preez. Sy sal voorts leerlinge se wiskundige geletterdheid help gee.

Me. Melissa du Preez.
