CrimeHard newsNewsNewsUpdate

Terblanche-broers in hof vir beweerde aanranding

Hoewel Barnard sy aanvaller op 'n foto uitgeken het, is die saak eers na die direkteur van openbare vervolging gestuur om te besluit of iemand wel aangekla moet word

WITRIVIER – Die twee Terblanche-broers van J&M Sekuriteit het gister op ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Dit volg nadat mnr. Brian Barnard (21) in November verlede jaar tydens ‘n voorval by Bahati geskend is. Laevelder het vroeër berig oor Barnard wat ‘n deel van sy neus verloor het toe hy aangerand is by dié kuierplek.

Hy het na bewering onwetend saam met iemand gekuier wat ‘n verdagte in ‘n plaasaanval was. Die polisie se blitspatrollie het inligting ontvang dat die verdagte by Bahati was en het daar toegeslaan. Hulle is deur lede van J&M vergesel.

Ooggetuies het vertel hoedat iemand van J&M Barnard glo met die agterkant van ‘n geweer geslaan het. Die verdagte het toe glo gesê dat Barnard nie die een is na wie hulle soek nie en hulle het hom gelos.

Familielede het met hom na Mediclinic Nelspruit gejaag en hy het sedertdien verskeie operasies ondergaan. Hoewel Barnard sy aanvaller op ‘n foto uitgeken het, is die saak eers na die direkteur van openbare vervolging gestuur om te besluit of iemand wel aangekla moet word.

Mnre. Werner en Shaun Terblanche is gevolglik verlede week gedagvaar om in die hof te verskyn. Hulle is op waarskuwing vrygelaat en die saak is uitgestel na 9 September.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button