MBOMBELA – Die swanger vrou in wie mnr. Gary Visagie (27) sowat twee weke gelede vasgery het, se besonderhede is uiteindelik bekend.
‘n Familievriend van haar het Laevelder gekontak nadat dié gelees het dat Visagie ontken dat hy twee polisiekonstabels omgekoop het sodat hulle hom nie hospitaal toe moes vat sodat sy bloed getrek kon word nie. Daar word vermoed dat hy onder die invloed van alkohol was toe hy in die ongeluk op 26 Julie was.
Die twee konstabels word nou van bedrog aangekla.
Die vriend het ‘n paar teenstrydighede in die polisie se mediaverklaring uitgewys en ondermeer vertel dat Visagie glo baie ongeskik op die ongelukstoneel was. Lees die volledige storie in die gedrukte uitgawe van Laevelder wat more beskikbaar sal wees.
Lees die aanvanklike storie hier
