CrimeNewsNews

Man probeer glo by winkel uitbreek

'n Verdagte is gearresteer nadat hy glo probeer ontsnap het uit 'n plaaslike SPAR waarin hy homself versteek het.

‘n Man is Sondagaand gearresteer nadat hy glo uit ‘n plaaslike SPAR probeer ontsnap het. Volgens Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit het die verdagte homself vermoedelik in die winkel versteek toe werknemers die aand toegesluit het.

Hi-Tech, die winkel se sekerheidsmaatskappy, het ‘n noodsein ontvang kort nadat die skakelbord aangedui het dat die alarm geaktiveer is. Beamptes op die toneel het glo gehoor hoe die verdagte probeer het om uit die winkel te breek. Die eienaar het die winkel oopgesluit.

Volgens mnr. Callum MacPherson van Hi-Tech is die verdagte sonder enige gesteelde items gevind. “Ons vermoed dat hy deel van ‘n groter groep was en dat hy die alarm vir hulle moes deaktiveer.”

MacPherson sê die verdagte het in die winkel weggekruip en toe die alarmstelsel beskadig om te verhoed dat Hi-Tech reageer. Hy het glo ook probeer om die agterdeur oop te breek om te ontsnap.

“Hy het weer gaan wegkruip toe ons saam met ons kliënt die winkel binnegegaan het.” Mnre. Chris Stapelberg en Jan Nienaber van Hi-Tech het die verdagte gearresteer.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder vir Mbombela SAPS het bevestig die verdagte sou vandag in die hof verskyn en word aangekla van huisbraak met opset om ‘n oortreding te pleeg aan die staatsaanklaer onbekend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button