Local newsNews

Kunstenaars kom wys hul beste werk

Kunsliefhebbers moet dié geleentheid beslis nie misloop nie.

MBOMBELA – Na ‘n baie suksesvolle uitstalling by die Potchefstroomse kunsmuseum, gaan ‘n groep van vyf kunstenaars hul werke in Mbombela kom “wys”. Annalie Odendaal, Erica Schoeman, Celeste Higgs, Ilona Petzer en Mariana Zwaan het besef dat hulle werk uistekend by mekaar aansluit en elkeen dra met ‘n unieke styl en tema tot die uitstalling by. Besondere interpretasies van die tema, “wys,” “gewys,” en “gewysig” deur hierdie bekende Laeveldse kunstenaars sorg nie net vir ‘n ongewone uitstalling nie, maar ook vir werk van besonder hoë gehalte.

Annalie Odendaal wanneer sy besig is met monodrukke, klop haar hart sommer vinniger, want geen monodruk is dieselfde nie.Annalie, ‘n bekende keramiek kunstenaar het haar monodrukke gebasseer op vroue wie ‘n invloed op haar lewe gemaak het en by elke groep werke is daar ook van haar keramiekwerk te sien wat by die tema aanvul.

Mariana Zwaan de Bruin skep atmosfeer deur haar gebruik van lig asook haar harmonieuse kleurgebruik en vars kwaswerk. Haar onderwerp is blouwildebeeste wat haar met hul alwyse houding fasineer. “Verwondering is kuns se geskenk aan my.”

Celeste Higgs spesialiseer in grafiese kuns en stal ‘n edisie van 24 etse uit waarin sy die kyker ‘n blik gee op sy huidige wereld deur verwysing na beelde uit die verlede. Sensuele figure dikwels mitologies van aard, word geinspireer deur kunstenaars uit die verlede.

Ilona Petzer stal twee reekse uit. In die eerste reeks word van medium plexiglas gebruik en met helder kleure wys sy portrette van mense wie sy op haar reise teegekom het. Die tweede reeks is houtskool en goudfoelie en teken sy “gewusigde”bome waaarin sy op sensitiwe wyse van Christelike en Afrika simboliek gebruik maak om wyer betekenis aan die die onderwerp te gee.

Erica Schoeman vra “is dit wys om te wys?” Sy maak gebruik van verskeidenheid metale, hout en ander sogenaamde “onbruikbare” produkte om te wys… en nie te wys nie….wat eindig in nostalgiese verskynsels wat huiwer tussen oorblyfsels en herinneringe.

Die uitstalling open 14 Augustus in Marlothstraat 26 en duur tot 29 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button