Editor's choiceHard newsNewsNews
Oorledenes se name bekend gemaak
Die pad was vir ‘n uur gesluit en noodreddingswerkers was ongeveer sewe ure op die toneel besig om Gouws en Shabangu uit die voertuig te sny.

SEKHUKHUNE – Die twee mans van Mototolomyn wat gistermiddag tragies gesterf het op die ‘pad van die dood’, is die 47 jarige Andries Gouws en en 37 jarige Josia Shabangu.
Volgens Mr Deon Broekman van die N3 Rapid Response het die oorledenes in die rigting van Lydenburg gery toe hul vermoedelik uitgeswaai het vir ‘n stilstaande bus en met aankomende verkeer gebots het.
Beide is opslag dood.
Gouws word Dinsdag om 12:00 uit die PPK begrawe in Lydenburg.
Begrafnisreëlings vir Shabangu is nog nie bekend nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

