Editor's choiceHard newsNewsNews

‘Pad van die dood’ eis nog twee lewens

Die oorledenes, wat albei werksaam was by Mototolomyn, is opslag dood.

SEKHUKHUNE – ‘n Noodlottige ongeluk het gistermiddag twee lewens geëis op die Sekhukhunepad, sowat 30km buite Lydenburg.

Die oorledenes, wat in ‘n groen Getz onderweg was na Lydenburg, is opslag dood.

Beide was werksaam by Mototolomyn.

Die bestuurder van ‘n Ford F250 het na wat verneem is die oorledenes se voertuig op die kant getref nadat hulle na bewering vir ‘n bus wat skoolkinders vervoer het, uitgeswaai het.

Dit blyk of die bus skielik tot stilstand gekom het op die ryvlak voor hulle.

Die bestuurder van die Ford het slegs geringe beserings opgedoen. Hy is van Nelspruit.

Steelburger/Lydenburg Nuus berrig volledig in Vrydag se koerant.

IMG_5426

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button