
MBOMBELA – Hoërskool Bergvlam se ATKV-jeugtak het verlede week uitgehang toe hulle met ‘n spesiale konsert kleuterhartjies kon verbly. Die leerders het baie moeite gedoen om die 60 kleuters van Akasia-, Chirpie- en Mosaiek- kleuterskole te vermaak.
Die Vlammies het die kleuters laat lag, sing en dans met hul opvoering wat paddas en poppe, ‘n eensame krokodil, bytjies en ‘n oumatjie wat ‘n storie vertel ingesluit het.
Boonop was Natascha C die programleier en het sy ook die sang georganiseer. Tot Frikkie die Feesvark met Vlerke het kom inloer en soentjies en drukkies uitgedeel.
Elke kleuter is met ‘n verrassingspakkie huis toe en elke skool het ‘n geskenkpakkie van kleuterboek ontvang.
