Kom kuier saam met VLU
Kom vind gerus meer uit omtrent hierdie organisasie tydens die Sonneblom Damestee, aangebied deur VLU-Neslpruittak.
MBOMBELA – September is nie net ‘n maand waar Suid-Afrikaners aangemoedig word om bome te plant nie, maar dit is ook Vroue-Lanbou-Unie (VLU)-bewusmakingsmaand.
Kom vind gerus meer uit omtrent hierdie organisasie tydens die Sonneblom Damestee, aangebied deur VLU-Neslpruittak. Of jy ‘n klein babatjie sonder ‘n oppasser het, met ‘n kierie loop of is nog nat agter die ore is, jy is welkom om dié geleentheid op 16 September om 10:30 by Bateleur-gemeenskapsaal saam met talle ander ambisieuse vroue te kom geniet.
Die doel van hierdie tee is om plaaslike inwoners bewus te maak van die VLU-Nelspruittak asook om hulle doen en late in die gemeenskap met gaste te deel. Hulle het onder andere onlangs ‘n gr. 12-dogter se rok vir vanjaar se matriekafskeid geborg.
Spesiale gasvrou, en deesdae ‘n bekend vir haar verskyning op kykNET se aktualiteitsprogram, Kwêla, Katja Kowalec gaan ook kom kuier. Sy is ‘n merkwaardige 90-jarige wat op die ouderdom van 17 met ‘n handvol sonneblomsade vir haar lewe gevlug het tydens die Tweede Wêredloorlog in Poland, haar geboorteland.
Elkeen gaan hier die kans kry om haar nuutste boek, Those Miraculous Sunflower Seeds, te laat teken en met haar te gesels. Hier gaan vroue ook terugsit en heerlik na insetsels van haar onlangse TV-debuut kyk.
Vir meer inligting skakel Rika by 082-376-9794 of Magda by 078-913-7452.
