Skool se fietsryers maak hul merk in die Das Auto
Die fietsryers neem Saterdag aan die derde Spur-skolereekswedren by Mankele deel. Lydenburg lê tans eerste in dié liga.

Na ‘n opwindende reeks wedrenne in die Das Auto MTB-reeks, het Hoërskool Lydenburg vanjaar wéér bewys waarom dit ‘n skool is waarmee rekenskap gehou moet word – veral op ‘n fiets.
Die hoërskool se fietsryers het die afgelope paar maande besonder goed presteer en het die podiums hierdie naweek behoorlik gedomineer na afloop van dié reeks.
Na vyf wedrenne het Neo Makofane ‘n eerste plek in die 15km-kategorie verower terwyl Charles Erasmus algeheel derde was in sy kategorie.
Jessica Shultz het stof in die 25km-ryers se oë geskop om ‘n eerste plek te verseker. Bonganie Ngwana sowel as Blessing Moima, wat beide ook in die 25km-afdeling gery het, het hulle kategorieë gewen.
Mnr. Gerrit-Jan Dorfling, ‘n onderwyser van die skool, het in die leerlinge se voetspore gevolg en ’n tweede plek in sy kategorie losgery.
Die skool is trots op die leerlinge en wens hulle hartlik geluk met die besonderse prestasie.
Die fietsryers neem Saterdag aan die derde Spur-skolereekswedren by Mankele deel. Lydenburg lê tans eerste in dié liga.
