Editor's choiceHard newsNewsNews

Man oorleef plaasaanval

Intussen het die polisie en honde-eenheid by sy huis opgedaag en paaie is versper in die soektog na die aanvallers. Dit het egter niks opgelewer nie.

BADFONTEIN – ‘n Man in sy vyftigs is gistermiddag op sy plaas in Badfontein oorval, vasgebind, herhaaldelik met ‘n baksteen geslaan asook met ‘n skerp voorwerp in sy heup gesteek.
Mnr Tewis Burr-Dixon is in sy motorhuis oorval, vasgebind en in die huis ingesleep. Terwyl die aanvallers sy huis geplunder het, kon hy ‘n mes in die hande kry en homself los sny.
Hy het in sy voertuig geklim en na ‘n buurman gejaag vir hulp. Burr-Dixon is na die mediese sentrum gehaas waar hy behandel is.
Intussen het die polisie en honde-eenheid by sy huis opgedaag en paaie is versper in die soektog na die aanvallers. Dit het egter niks opgelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button