Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Slaggat lei byna tot noodlottige ongeluk

Volgens een van die insittendes, Mr Sipho Nkosi, het hulle met die Ngululu-vragmotor gebots toe dit nie vinnig genoeg in sy baan kon terugbeweeg nie.

LYDENBURG – Vyf insittendes van ‘n BMW het Sondag die dood net-net vrygespring toe ‘n bestuurder van ‘n swaarvoertuig vermoedelik vir ‘n slaggat uitgeswenk en hulle getref het.

Volgens een van die insittendes, Mr Sipho Nkosi, het hulle met die Ngululu-vragmotor gebots toe dit nie vinnig genoeg in sy baan kon terugbeweeg nie.

“Ons was op pad Lydenburg toe, toe die trok wat in die rigting van Dullstroom gery het, skielik reg voor ons was,” vertel Nkosi. “Die bestuurder van die kar het probeer om die trok te vermy, maar kon nie uitswenk nie en ons het die trok getref.”

Nkosi sê hulle het die vragmotorbestuurder oor die voorval gekonfronteer, maar hy het ontken dat dit sy skuld was. “Hy het nie eens jammer gesê nie en ons geblameer,” het hy geskok vertel. Volgens Nkosi het die bestuurder van die vragmotor gesê dit was húlle wat onder hóm ingery het. “Die trokke gee nie om vir ons nie. Hulle dink die paaie is hulle s’n,” het hy bygevoeg en gevra dat swaarvoertuigbestuurders asseblief meer versigtig moet wees.

Niemand is ernstig beseer nie. Die bestuurder van die BMW het slegs ligte snywonde aan sy arm opgedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button