
MBOMBELA – ‘n Onwettige immigrant is vandag in die Mbombela Landdroshof skuldig bevind aan die oortreding van die Suid Afrikaanse Immigrasiewet 13 van 2002.
Moses Mhlanga, ‘n Mosambiekse burger, is op 21 Augustus 2014 tydens ‘n padblokkade op die N4 in die Karino-omgewing gearresteer nadat die polisie opgemerk het dat sy verblyfspermit verval het.
Die beskuldigde is aangekla daarvan dat hy onwettig in Suid-Afrika is en het vandag in reaksie hierop skuldig gepleit.
Hy is dienooreenkomstig skuldig bevind en gevonnis tot 30 dae gevangenisstraf of, in die alternatief, die betaling van ‘n R 1 000.00 boete.
Raadpleeg Vrydag se Laevelder vir die volledige artikel.
