CrimeHard newsNewsNewsUpdate

Vermeende rower se borgaansoek uitgestel

Facebook-veldtog dra by tot vermeende rower se arres

MBOMBELA – ‘n Man word tans aangehou in die Mbombela polisiestasie hangende die beslissing in sy borgaansoek.

The man is op 7 September 2014 gearresteer nadat ‘n Facebook-veldtog, onder leiding van Bossies Community Justice, geloods is om hom op te spoor.

Die aangehoudene word aangekla van roof met verswarende omstandighede sowel as diefstal. 

Die beskuldigde is as sulks aangekla nadat hy na bewering sy passasiers beroof het onder die valse voorwendsel dat hy hulle van ‘n rygeleentheid sou verskaf.

Hierbenewens word beweer dat hy brandstof gesteel het deur brandstof in sy motor te gooi by vulstasies en weg te ry sonder om daarvoor te betaal.

‘n Borgaansoek word deur die Mbombela Landdroshof oorweeg, onderhewig daaraan dat die aangehoudene se woonadres bevestig word.

Die borgaansoek is tot Maandag, 22 September 2014, uitgestel.

Vir meer inligting, lees die voorafgaande artikel hier:

https://nelspruitpost.co.za/178917/vermeende-rower-gearresteer/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button