Local news

16 Toekennings vir Laeveld Country musikante

Lanie en Pieter Rischmüller het tydens die SACMAF-toekenningsaand in Pretoria al die toekennings gewen waarvoor hulle genomineer is

Twee Laevelders, Lanie en Pieter Rischmüller (Piet Pompies), het in Pretoria op 30 September ’n merkwaardige 16 toekennings by die Suid-Afrikaanse Country Musiek Vereniging en Stigting (SACMAF) se toekenningsaand gewen.

Die paartjie het albei alle toekennings verwerf waarvoor hulle genomineer was. Pieter was vir ses toekennings genomineer, terwyl Lanie vir nege genomineer was maar uiteindelik met 10 toekennings weggestap het. Alhoewel albei dankbaar is vir die aantal nomineerings, is dit vir hulle spesiaal om soveel toekennings te verwerf.

“Om saam op dieselfde verhoog erkenning te ontvang vir ons harde werk en musiek is vir ons baie emosioneel. Ons weet hoeveel ure, opofferings, geloof en deursettingsvermoë agter elke liedjie en elke prestasie lê. Dit maak die oomblik nog meer spesiaal omdat ons hierdie reis saam kan beleef,” sê Lanie.

ALSO READ: Bok Radio aims to raise R1m for country singer after R40 crash

DIe 16 toekennings wat die paartjie verwerf het.
DIe 16 toekennings wat die paartjie verwerf het.

Pieter is ongelooflik trots op Lanie, wat eers in 2023 op die ouderdom van 38 haar musiekloopbaan begin het.

“Ek weet eerstehands hoeveel werk sy insit en hoe ernstig sy haar musiek en haar kunstenaarskap opneem. Sy het haar eie stem, stories en manier om musiek te benader. Sy het haarself in ’n relatief kort tyd opgebou en om te sien hoe sy vandag op hierdie vlak erken word, is vir my baie spesiaal,” het hy gesê.

Lanie en Pieter het ook die Laeveld by die Afri-Indie toekennings verteenwoordig op 25 September.

Pieter was genomineer vir die Beste Country Enkelsnit en die Beste Manlike “Live Performer” en Lanie het weggestap met die titel van Beste Vroulike Liedjieskrywer. Haar album, Come Dance with Me, was genomineer vir die Beste Country Album.

Die paartjie wil almal bedank wat hierdie pad saam met hulle gestap het, onder andere SACMAF, radiostasies, familie en vriende.

“Ons is baie dankbaar vir hierdie hoofstuk – en ons voel dat dit nog net die begin van die reis is,” sê Lanie en Pieter.

Lanie erkennings:

Lanie Rischmüller.
Lanie Rischmüller.

• Liedjieskrywer van die Jaar
• Vroulike Kunstenaar van die Jaar
• SACMAF Internationale Toekenning 2026
• Oorspronklike Country Enkelsnit, Vroue Afdeling – “Cowboy Don’t Cry”
• Country Album van die Jaar – Come Dance With Me
• Country Liedjieskrywer van die Jaar
• Oorspronklike Country Gospel Liedjie van die Jaar – “The Beauty of God’s Plan”
• Vroulike Country Nuweling van die Jaar
• Coutrny Blues Oorspronklike Vroulike Kunstenaar van die Jaar – “Dear Johnny”
• Country Gospel Oorspronklike Vroulike Kunstenaar van die Jaar – “Dear God”

Pieter erkennings:

Pieter Rischmüller.
Pieter Rischmüller.

• Manlike Kunstenaar van die Jaar
• Oorspronklike Country Enkelsnit van die Jaar, Manlike Afdeling – “Old School Lovesong”
• Afrikaanse Country Liedjie van die Jaar – “Dis Bedoel”
• Oorspronklike Country Manlike Kunstenaar van die Jaar – “Feel Good”
• Afrikaanse Country Manlike Kunstenaar van die Jaar – “Dis Bedoel”
• Modern/Kontemporêre Country Manlike Kunstenaar van die Jaar – “Feel Good”

ALSO READ: Mbombela crash claims lives of country’s heart sisters

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button