Vrou se geliefde hond geskiet
“Hy het al baie gedreig en gesê dat hy vir Bles gaan skiet. Nou het hy sy teiken gekry. Hy kon my net gebel het en gesê het die hond is lasting en ek sou hom weer toegemaak het.”

LYDENBURG – ‘n Man se beste vriend is gewoonlik daar vir beskerming, liefde en samesyn, maar een vrou se getroue waghond is verlede week wreed doodgeskiet sonder enige verduideliking.
Volgens me Christel Ehlers van Lydenburg Skrootwerf het sy verlede Dinsdag soos enige ander dag die onderneming kom oopsluit.
“Ek het gesien dat die hok waarin die honde slaap oop is. Ek het die werknemers gevra waar Bles is en ons het begin soek. Ons het hom eindelik in die lang gras ‘n ent weg van die hek af sien lê. Ons het hom omgedraai en dis toe ek die koelwond sien.”
Die man wat daarvan beskuldig word dat die hond afgemaai het is mnr Jan van der Vlugt. Volgens Christel het hy ‘n vorige hond van haar ook doodgemaak deur ‘n strik te stel en die hond het homself daarin opgehang.
“Hy het al baie gedreig en gesê dat hy vir Bles gaan skiet. Nou het hy sy teiken gekry. Hy kon my net gebel het en gesê het die hond is lasting en ek sou hom weer toegemaak het.”
Lees meer in Vrydag se uitgawe.

