Kaskardag is om die draai
Kom kyk gerus op Saterdag, 20 September om 14:00 by Rooikatpark hoe 'n klomp lande gelyk in ons dorpie inbeweeg, met potjiekos, stalletjies en natuurlik ons selfgemaakte kaskarre en die wedrenne.

Die Ou Apostoliese Kerk nooi almal uit na hul Sondagskool se kaskardag en potjiekoskompetisie. Inskrywingsfooi is R100 per kaskar.
Vir baie het kaskarre al iets van ons geskiedenis geword, maar vir die kerk is dit ‘n nuwe tradisie.
Kom kyk gerus op Saterdag, 20 September om 14:00 by Rooikatpark hoe ‘n klomp lande gelyk in ons dorpie inbeweeg, met potjiekos, stalletjies en natuurlik ons selfgemaakte kaskarre en die wedrenne. Word deel van die pretdag en jaarlikse fondsinsameling vir die kinders van ons Sondagskool.
Die kerk bedank ook die volgende borge: Gawie Mare Paneelkloppers; Supa Quick; Exstreme Hardeware; Highlands Volkswagen: Atlas paneelkloppers; Auto Hausen paneelkloppers; Viscon konstruksie; Coastal Hire; Lydenburg Car Wash; Hengel en Kuns, Silver Aoaks en Absolutely Water.
Navrae:l Nico Willemse by 061-421-1145 of Gert Koekemoer by 082-469-6136 vir meer inligting.
