CrimeHard newsNewsNews

Man van Centurion se borgaansoek vir eers opsy geskuif

Borgaansoek word oorgehou sodat mediasie hierin oorweeg kan word.

Die vermeende rower wat danksy ‘n Facebook-veldtog aangekeer is, gaan vir eers nie om borgtog aansoek doen nie.  Theo Rossouw, ‘n inwoner van Centurion, is op 7 September gearresteer en aangekla van roof met verswarende omstandighede en diefstal.  Die beskuldigde het glo niksvemoedende rylopers ‘n rat voor die oë gedraai deur hulle ‘n rygeleentheid aan te bied en hulle dan te beroof.  So ook het Rossouw na bewering sy motor vol brandstof gegooi en daarna by ‘n aantal vulstasies weggery sonder om daarvoor te betaal.  Nelspruit Post het vroeër berig dat die beskuldigde se borgaansoek gister in die Mbombela landdroshof sou voortgaan, onderhewig daaraan dat sy woonadres in Centurion bevestig word. Daar is egter intussen besluit dat die borgaansoek vir eers oorgehou sal word en die aangeleentheid is uitgestel tot 8 Oktober, waartydens mediasie deur die hof oorweeg sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button