CrimeHard newsLocal newsNewsNewsUpdate

Malelane se Kruger-moord in die hof

Me. Martie Kruger het Maandag weer in die hof verskyn op aanklag van die moord op haar eggenoot, die bekende sakeman mnr. Hennie Kruger.

MALALANE – Me. Martie Kruger (47) het Maandag weer in die hof verskyn op aanklag van die moord op haar eggenoot, die bekende sakeman mnr. Hennie Kruger (50).

Die saak is na 24 November uitgestel vir verdere ondersoek en volgens sers. Bheki Nkosi was haar regsverteenwoordiger nie in die hof nie.

Sy is op 12 Mei by hul huis in Maroelastraat vir die skietdood van haar man gearresteer, volgens polisiewoordvoerder brig. Selvy Mohlala.

“Martie het die insident as ’n gru-ongeluk beskryf.” Hy het verder aan Corridor Gazette se susterkoerant, Laevelder, gesê: “‘’n Voorafgaande ondersoek het aangedui dat sy haar eie lewe wou neem, en dat daar ‘n argument tussen die twee plaasgevind het.”

Volgens Martie het die wapen per ongeluk afgegaan en hulle nie ‘n uitval gehad het nie. Mohlala het bygevoeg dat die saak onveranderd sou bly.

Daar is ook gesê dat Kruger Makelaars swaar trek na die voorval, en meeste van die werknemers is in die afgelope twee maande afgedank. Volgens een werknemer het Martie gesê sy kan dit nie langer bekostig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button