EntertainmentLifestyleLocal newsNewsNews

Ou bekende tree op ter ondersteuning van plaaslike DBV

Na afloop van die reusesukses wat verlede maand tydens die renosterfondsinsameling by Jock Pub and Grill behaal is, is daar besluit om weer dieselfde roete te volg.

MBOMBELA – Na afloop van die reusesukses wat verlede maand tydens die renosterfondsinsameling by Jock Pub and Grill behaal is, is daar besluit om weer dieselfde roete te volg. Fondse gaan egter dié keer aan aan die Laeveld DBV geskenk word.

Daar word verwag dat daar meer as 400 gaste by Jock sal opdaag. Hoe kan jy ‘n bydrae maak? Daar sal ‘n veiling gehou word en jou deelname kan ekstra fondse genereer. Die doel van die geleentheid is om bewustheid onder die publiek se aandag te skep oor die groot rol wat die DBV in die gemeenskap speel en dan terselftertyd geld in te samel. Met die vorige insameling is R50 000 aan Care for Wild Africa oorhandig.

Die bekende Afrikaanse sanger, Pieter Smit sal as gaskunstenaar optree. ‘n Verskeidenheid promosies gaan ook aangebied word. Die hele gesin is welkom en die jongspan kan selfs ook na pret en vermaak uitsien.

Toegang is R50 per persoon en sluit ‘n verwelkomingsdrankie in. Die verrigtinge op 7 November begin om 20:00. “Met die renosteraand het ons meer as R20 000 se pryse opgeveil en ons glo ons gaan nog beter doen die keer. Ons nooi dus ook enige besigheid of organisasie uit om hul tjekboeke uit te haal en ander uit te daag om ‘n donasie te maak,” sê Leon van den Berg, bemarkingsbestuurder van Jock Pub and Grill.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button