MBOMBELA – ‘n Vermeende rower en brandstofdief wat op 7 September gearresteer is, se saak is vandag uitgestel tot November.
Theo Rossouw is by die Belladonna drankwinkel gearresteer nadat ‘n aantal klagtes oor ‘n vermeende petroldief die rondte gedoen het. So ook het ‘n paar slagoffers na bewering deurgeloop onder ‘n kamma-kamma vervoerdiens. Rylopers is na bewering opgelaai, beroof en dan weer afgelaai.
Die beskuldigde het aanvanklik om borg aansoek gedoen, maar hierdie aansoek is teruggetrek. Hy beoog nou om die saak tussen hom en die klaers by wyse van mediasie by te lê.
Aangesien die getuies wat vir hierdie proses vereis word nie almal vandag teenwoordig was in die Nelspruit landdroshof nie, is die saak uitgestel tot 7 November.
Lees Vrydag se Laevelder vir die volledige artikel.
