Hard newsNewsNews

Howe hoor ongeruimdhede in gesinsverband aan

Vrees moet nie die aanmeld van gesinsgeweld verhoed nie.

 

MBOMBELA – ‘n Aantal gesinsverwante aangeleenthede verskyn hierdie week in die howe in die Laeveld.  Gesinsgeweld is ‘n algemene verskynsel en gebeur dikwels agter ‘n toe deur terwyl die slagoffers in stilte lei.

Die Nelspruit Kinderhof het op 21 Oktober ‘n bevel toegestaan ter regulering van die kontakregte tussen ‘n pa en sy kinders, waar die pa vermoedelik onwelvoeglike dade met sy kinders kon gepleeg het.  Die volledige artikel verskyn in die volgende Laevelder.

Jabulani Masinga word aangekla van moord op sy vrou en hulle baba nadat hy petrol gegooi en aan die brand gesteek het op 26 September vanjaar.  Hy verskyn weer in Oktober in die Mhala landdroshof.

Mbombela se rondgaande afdeling van die Gauteng Hoe Hof het vandag getuienis aangehoor teen ‘n ma wat aangekla word daarvan dat sy haar driejarige seuntjie aavanklik aangerand het en toe doodgeslaan het.  Die saak sal na verwagting more verder aangehoor word.

Gesinsgeweld is ‘n skokkend alledaagse verskynsel en moet aangemeld word.  Baie slagoffers is vreesbevange en versuim daarom om gevalle van gesinsgeweld aan te meld.

Behalwe vir die SAPD se noodlyn, 10111, kan hulle webwerf ook besoek word vir meer inligting: www.saps.gov.za

Skakel ook die SAPD se nasionale kontaknommer: (012) 393 1000

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button