Hard newsNewsNews

Die uitreik van lisensies sloer

'n Anonieme leser, wat onlangs aansoek gedoen het vir 'n bevoegdheidsertifikaat vir 'n 9mm-pistool, is meegedeel dat die laaste sertifikaat op 10 September deur die plaaslike polisie uitgereik is.

MBOMBELA – Dit was nog nooit maklik om ‘n vuurwapenlisensie te bekom nie. Tans bemoeilik die huidige poskantoorstaking sake nog verder.

‘n Anonieme leser, wat onlangs aansoek gedoen het vir ‘n bevoegdheidsertifikaat vir ‘n 9mm-pistool, is meegedeel dat die laaste sertifikaat op 10 September deur die plaaslike polisie uitgereik is. Dié leser was onder die indruk dat die vertragings aan ‘n foutiewe drukker by die provinsiale polisiekantoor toegeskryf kan word, maar volgens sers. Mnr. Gerald Sedibe, polisiewoordvoerder, word geen lisensiekaarte of -sertifikate plaaslik gedruk nie.

“Dit word slegs by die hoofkantoor in Pretoria gedoen,” sê Sedibe. Die eintlike sondebok is die poskantoor wat reeds weke onder ‘n staking gebuk gaan. Aansoeke bereik dus nie die polisie se hoofkantoor in Pretoria nie.”

Volgens ‘n persverklaring wat deur die poskantoor uitgereik is, was dinge flink op pad om na normaal terug te keer. Tot 60 persent van werknemers het na hul werk teruggekeer en die meeste poskantore was weer oop.

Die staking het egter ‘n lelike nadraai deurdat die sortering van pos geweldig onder die staking gely en net meer en meer agter geraak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button