Editor's choiceHard newsNewsNews

Onwettige stropers vasgetrek

Die honde moet nou van kant gemaak word nadat die verdagtes skuldig bevind en beboet is.

LYDENBURG – Sewe verdagtes en 21 windhonde en windhondkruisings is Saterdagoggend op die vliegveld vir onwettige jag vasgetrek.
Die honde moet nou van kant gemaak word nadat die verdagtes skuldig bevind en beboet is.
Volgens mnr. Elias Mkhabela van Mpumalanga Toerisme en Parke-raad (MTPA), is hy vroeg die oggend deur lede van die gemeenskap van die onwettige jag op die vliegveld in kennis gestel. “Iemand het my geskakel en gevra of dit nog jagseisoen is, want daar is mense in vier voertuie wat besig is om met honde te jag.”
Mkhabela het saam met die polisie se honde-eenheid op die verdagtes toegeslaan en een bobbejaan en ‘n steenbok agter op twee bakkies gekry.

Lees meer in more se uitgawe

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button